Capitec (Afrikaans Edition)
Stryd met die grotes
Falha ao colocar no Carrinho.
Falha ao adicionar à Lista de Desejos.
Falha ao remover da Lista de Desejos
Falha ao adicionar à Biblioteca
Falha ao seguir podcast
Falha ao parar de seguir podcast
Assine e ganhe 30% de desconto neste título
Compre agora por R$ 37,99
-
Narrado por:
-
T J Strydom
-
De:
-
T J Strydom
Sobre este título
In die vroeë 2000’s omskep ’n paar Bolandse entrepreneurs ’n nederige netwerk van mikrolenerye in wat vandag Suid-Afrika se grootste bank is, met meer as 20 miljoen kliënte.
Hoe bou jy ’n bank van nuuts af? Wat verg dit om die vier gevestigde bankreuse die stryd aan te sê, en dan boonop die loef af te steek? In hierdie boek vertel topverkoperskrywer T J Strydom die boeiende storie van Capitec, die demokratiese era se grootste sakesuksesverhaal, wat selfs as die beste bank ter wêreld aangewys is.
Die Stellenbosse snuiter ontwrig die bedryf deur die magtige Absa, Standard Bank, FNB en Nedbank, almal met luukse hoofkantore in Johannesburg, uit te daag. Capitec swem teen die stroom in – maak takke oop wanneer ander banke afskaal, fokus op bemarking wat eenvoudig en deursigtig is, lê klem op persoonlike diens terwyl die res daarvan wegskram, en bied dienste aan dié Suid-Afrikaners wat ander as “onwinsgewend” afskryf.
Dié nuwe bank bewys dat innovering groot finansiële gewin kan inhou, terwyl dit ’n positiewe maatskaplike bydrae maak en gewone mense se behoeftes dien. ’n Inspirerende, eg Suid-Afrikaanse verhaal van visie, vernuwing en deursettingsvermoë.
Please note: This audiobook is in Afrikaans.
©2024 T J Strydom (P)2024 Tafelberg